SANSSU

SUID-AFRIKAANSE KAMPIOENSKAPPE

WELKOM

“There may be people that have more talent than you, but there’s no excuse for anyone to work harder than you do.” – Derek Jeter

SA Fotos

Vir ‘ n SA 2023 Foto:
Borsel jou tande en kom vir n Colgate SA foto!
Wayne en Waldo is Donderdag (5 Okt) van 14:00 in die saal beskikbaar vir:
n GROOOOOOT groepsfoto of spanfoto of skoolfoto of individuele foto.

Die manne is ervare om jou groep van n low key na n high key status te laat styg.

Kostes:
R15 per kop in die groepsfoto. Berekening werk so:
30 skuts = 30 koppe = 30 x R15 = R450
= 30 fotos van 10 x15cm + digitale kopie.

Alle foto’s sal binne 2 weke (vanaf 19 Okt) beskikbaar wees…. check this space vir die link en instruksies van aflaai.

Gedrukte foto’s word versend na die provinsiale verteenwoordiger.

Voorkom n lank staan in die tou, kontak vir Waldo by 078 337 6291 vir n bespreekte tydgleuf.

'n Woord van ons President

- Pieter Strydom

Die jaarlikse SANSSU SA kampioenskappe is telkens ‘n hoogtepunt op die skiet-kalender.  Ons is opgewonde om die topskuts van die 10 provinsies, uit elke skietklas en ouderdomsgroep te verwelkom.

Die sosiale interaksie en “gesigte plaas in jou gedagtes” van jou teenstanders, skep ‘n gees van gesonde kompetisie en doelwitte vir nou en die volgende jaar.  Daar is ook ‘n gevoel van “ek hoort tot ‘n groep” met dieselfde passie, dissipline en belangstellings en hulle is ook net ‘n normale mens soos ek.  Ons almal is deel van die SANSSU skietfamilie.

Ek daag elkeen uit om die opgewondenheid en vlinderspanning in jou maag vir die SA’s om te sit in jou eie roetine, styl, talent en fokus om jou persoonlike beste te kan bereik en bowenal dit te kan geniet met ‘n glimlag!  Na SA’s moet jy vir jouself kan sê “dit was goed en lekker”, ongeag die tellings.  Die resultate as individue en spanne sal vanself volg.  Indien jy nie so goed gevaar het nie, moenie tou opgooi nie, leer uit die ervaring en werk harder met ywer en kom weer!

Provinsies wat deelneem

Program