WELKOM
“There may be people that have more talent than you, but there’s no excuse for anyone to work harder than you do.” – Derek Jeter
Uitslae 2024
Geweer
Kleretellings & Rekords 2024

'n Woord van ons President
- Pieter Strydom
Die jaarlikse SANSSU SA kampioenskappe is telkens ‘n hoogtepunt op die skiet-kalender. Ons is opgewonde om die topskuts van die 10 provinsies, uit elke skietklas en ouderdomsgroep te verwelkom.
Die sosiale interaksie en “gesigte plaas in jou gedagtes” van jou teenstanders, skep ‘n gees van gesonde kompetisie en doelwitte vir nou en die volgende jaar. Daar is ook ‘n gevoel van “ek hoort tot ‘n groep” met dieselfde passie, dissipline en belangstellings en hulle is ook net ‘n normale mens soos ek. Ons almal is deel van die SANSSU skietfamilie.
Ek daag elkeen uit om die opgewondenheid en vlinderspanning in jou maag vir die SA’s om te sit in jou eie roetine, styl, talent en fokus om jou persoonlike beste te kan bereik en bowenal dit te kan geniet met ‘n glimlag! Na SA’s moet jy vir jouself kan sê “dit was goed en lekker”, ongeag die tellings. Die resultate as individue en spanne sal vanself volg. Indien jy nie so goed gevaar het nie, moenie tou opgooi nie, leer uit die ervaring en werk harder met ywer en kom weer!
Provinsies wat deelneem









